Gister – Afdraaipadjies

Ek dink vandag aan al die gisters. Gisters, van lank terug en gisters, van vandag. Dit is darem maar snaaks,  hoe die lewe kronkel loop en afdraaipadjies volg.

Jare terug, nog voor die N4, van Witbank na Middelburg, verleng was, het my Pa, Sondae, na kerk, afdraaipadjies gery.

Die minute het soos ure gevoel, in die kerk. Elke baksteen, langs die massiewe preekstoel was getel, en Ma se handsak, was deursoek vir mintlekkers. Uiteindelik was dit tyd vir Wimpy ontbyt (onthou julle nog nog, daai gebraaide frankfurters, wat om die gebakte eier, gekrul het?) en afdraaipadjies.

Partykeer het die afdraaipadjies, na my Pa se vriende, gedraai en ander kere na iewers, tussen erens en nerens. Dit was die lekkerste afdraaipadjies. Ure het ons gery, op grondpaaie, langs riviere en damme. Soms het ons gestop om na die bokkies en ander wild te kyk. My gunsteling plek in die sjokolade Kombibus, met sy giggel geel kantgordyntjies, was heel agter. As die oudste van drie, kon ek kies waar ek sit. Op die naat van my rug het ek by die agtervenster uitgestaar, die stories in die wolke gelees en soms hardop gelag, vir die wolke se verwaande gedrag. Hulle was so hoog en ver van droog, maar soms, o, soms, het hulle so bietjie, nader aan die aarde, gedaal, met pink, sonstrepe, in ‘n mistige boog.

Maar ek dwaal nou van die afdraaipadjies af. Gister van lank terug, voel soos gister van vandag.

Ek onthou, as die sakkende son, die Kombibus se neus begin soen,  het al drie van ons, opgespring, en geskree: “Nog, ‘n afdraaipadjie, asseblief!” Penorent, het ons, soos meerkatjies, gesit, en elke afdraaipadjie, uitgewys, maar as die Kombibus, eers die teerpad geslaan, het, was Sondag verby en Maandag, op die horison.

 

 

Advertisements

Expectations

Tossing and turning

since midnight

the turmoil

in my mind

gallops

to what was

what is

and what could’ve been

round and round

it goes

where to

fuck knows

I need to keep busy

I decided

to make tea

for him

that has to leave soon

to over the mountain

and far away

fixing my hair

dabbing a bit of musk oil

behind the ear

in the cleavage…

Carrying

the very early

breakfast tray

in my skimpy

négligée

into our room

the bed is empty

I hear the shower taps close

and I know

the only breakfast

at 3am

is on the tray.

Jy was myne

Die wind

skreeu

deur elke kraak

vol vermaak

droë dor stof

ek voel

ek gaan

ontplof

krappend

irriterend

my self

ontbloot

fok

wat maak ek nou

ontkleed

in die kou

met net letsels

van berou

you

really

have

no idea

how crystal

fractures

the bottom

of the glass

imagination

unknown

the eyes

the winks

the “I know”

the “I want”

is the worst

cause

that

is just me

and

“whatif”