Gisters Alleen wees – deel 2

Ons het in ‘n huurhuis gebly, terwyl, ons nuwe huis gebou word. Die nuwe huis, was die eerste en die laaste een, in die straat, in die nuwe uitbreiding, langs die golfbaan, teen die bult.

Ons het in die huurhuis ingetrek, in die Desember skoolvakansie. Kamferfoelie, het teen die oogiesdraad gegroei. Die reuk, die bye, en die betowering, het my verbeelding op hol gehad. Dae het ek daar gesit, en die stemme in my kop, hardop, laat saam speel.

En een dag, antwoord ‘n ander stem terug. Ek het my boeglam geskrik. Met groot oë, het ek na die heining gestaar, maar kan niks tussen die blomme deur sien nie. In ‘n bewerige stem, het ek gesê: “Hello?” Die antwoord, het klokslag gekom, in ‘n dogtertjiestem: “Hello, wie is jy?” Sonder om te blink of te bloos, het ek geantwoord: “Stouter”. Haar antwoord was: “aangename kennis, ek is Bouter” en net daar, was die avonture van “Stouter en Bouter” gebore.

Agtergrond: Stouter en Bouter was reendruppel kabouters. Ons het in die wolke gebly, die res was ure se verbeeldingspeel langs die heining. Later, baie later, het ons mekaar vir die eerste keer, aangesig tot aangesig onmoet, in die balletklas. Bouter se regte naam, was Francis.

Ons het mekaar weer op Hoërskool raakgeloop, en soms gegiggel, oor die stories, langs die oogiesdraad

In die nuwe skool, met die lelike, maroen skoolrok, wat met knope voor, vasmaak, was ek anders. Sommer vroeg al, het die lui onderwysers, gesien, julle kan op my staatmaak, om stories, in engels of afrikaans, voortelees. Dit het natuurlik nie, my populariteit, verhoog nie. Ek moes gereeld, ‘p-shooter’papiertjies en kougom uit my hare borsel en van my klere af skud.

Ek het pauses, in die biblioteek, deurgebring, boeke gepak, gelees, rakke afgestof, en gedroom, in die sonstrale, wat deur die stofduiweltjies, dans. Dit is waar, Rosalie Grobler, die engelse onderwyserres, my ontdek het. Sy het my, hoor sing, en ek was summier, as ‘n alto, in die koor, ingedruk. Die was die lekkerste deel van laerskool. Haar gunsteling word was: “artikuleer” en nou nog, as ek mense, in my taal, hoor sing, met die note, so plat, soos ‘n visgraat, wil ek vir hulle skreeu: “artikuleer”

Die feit dat ek, ‘n presteerdertjie was, het my nog laer op die populariteitsleer, laat val. Ek het ook my eerste groot geveg, gehad. Roedolf, en van ‘n tweeling, het elke dag uit sy pad gegaan, om my vlegsels te trek. Eendag, op ‘n sonskyndag, was een te veel, toe knieg, ek hom, waar dit saak maak. Ons het matriek uit, nooit weer, na mekaar gekyk, of met mekaar, gepraat nie.

Deur ure, se paraadheidpropaganda, in die son, toegesluit, in die binnehof van die skool, het ek myself geleer, flouval. In die siekekamer, was Tannie Rina. Sy was lank en donker en baie, baie mooi, met groot borste. Sy het, elke dag, soos ‘n cowboy, aangetrek. Sy was my eerste rolmodel. As ek nou terug dink, die siekekamer, het twee kamers gehad, en daar was altyd en of ander skoolonderwyser, met ‘n pyn……

En toe, kom, Natie. Die dogter, van die nuwe polisiekaptein, en sy, wou my maatjie wees. Sy was ‘n laatlam, haar broer, was in matriek, en haar suster, was al klaar met skool. Ons was in standard 3.

Haar blootstelling aan jong grootmensleefstyl, was dalk die rede vir ons vriendskap. Ons het die wêreld anders, verstaan. Ons het geweet, wat jy op skool leer, is net beginsels, die lewe daar buite, was anders. Ons hele laerskoolloonbaan, het ons in ‘n verbeeldingswêreld geleef, van die “pink ladies” (ja, Grease) tot wilde, “biker chicks” op ons fietse, (hare rooi en myne blou) deur die dorp se strate gejaag, met regte motorfietshelmets (danksy haar broer). Ons was so ‘koel’ en toe is ons, tieners en Hoërskool wink.

Advertisements

One thought on “Gisters Alleen wees – deel 2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s